HESSEQUA MODEL VLIEëRS
besoek ons webtuiste !
http://rcmodelflyers.isat.co.za

5de, 6 de en 7de
MAART  2010
FLY - IN

Program

( Kliek hierbo vir Program )

 

 


Die klublede is alreeds besig om die nodige voorbereidings te doen vir die Fly-In, 5 - 7 de Maart 2010.

Almal is opgewonde met die fasiliteite - die Hangar is ook weer beskikbaar sodat vliegtuie veilig kan oornag.

 

   




Die teerblad is in 'n goeie toestand en ook is daar vir die dwarswind hierdie jaar voorbereidings getref. Die nuwe gedeelte vorder fluks. Die droogte kan wel 'n rolspeel, maar ons vertroue is na bo.



 

Vanoggend het Shaun, my seun, begin bossies uittrek. Die gevoel is lekkerte. Baie opgewondenheid, Baie Gees.
 

                                     
 
Kom gerus en geniet die naweek saam met intoesiastiese model vlieërs Die program vir die naweek volg hierna en wat die belangrikste is, is die "Fun" in die vlieg.
Vele pryse sal op die Saterdag uitgedeel word.

Toilet geriewe en stort geriewe is ook beskikbaar vir die wat by die veld wil oor bly. Vure sal elke aand aangesteek word asook deur die dag. Vele stalletjies met lekkernye sal ook opgeslaan wees.

Prysgeld beloop R 70.00 per persoon, ongeag hoeveelheid vliegtuie.
Prysgeld sluitin 'n Fly-IN wapen.
 

Program

Program vir Naweek


Vrydag
5 de Maart 2010

16:00 - Ontvangs, "Pegg on System",    Ontspanning

Saterdag
6 de Maart 2010

07:00                   - "Pegg on System"  Vryvlieg
                            - Koffie en beskuit

08:00 - 9:30         - Inskrywings

08:30 - 08:45       - "Flyers" meeting

09:00 - 10:45       - Vryvlieg en Be-oordeling         
                            - Be-oordeling :
Beste Vliegtuig, Slegste Breek, Beste Skaal Model, Vreemdste Vliegtuig, 'n paar verrassings.

10:00                   - Etes beskikbaar

12:00 - 17:30      - Vryvlieg en Be-oordeling

18:00                  - Prysuitdeling
                           - Braai en Vermaak

Sondag
7 de Maart 2010

07:15 - 07:30     - Skriflesing en Gebed 
                          - Koffie en beskuit

07:30                 - "Pegg on System"  Vryvlieg- Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg,

 

 

Hit Counter
  
Web Statistics