HESSEQUA MODEL VLIEëRS
besoek ons webtuiste !
http://rcmodelflyers.isat.co.za



Hessequa Model Vlieërs, "Fly-Inn"
6, 7en 8 ste Maart 2009

 

Hessequa Model Vlieers kon weereens met trots gasheer wees vir baie spesiale vriende en mede vlieeniers. Die Riversdal vliegveld is weer gebruik vir die geleentheid. Die vliegveld is 'n SAMAA geregistreerde veld en het 'n volgrootte teerbaan met oorgenoeg vliegruimte. Vanjaar was ons verras deur 'n paar nuwe gesigte, die klub BOMAC. Vrydagaand het hulle en die Oudtshoorn manne reeds vroegaand laer getrek. Vliegtuie is uit gepak en sommer met die aankoms is vliegtuie reguit aanloopbaan toe.
Vrydagaand se braai het gesorg vir 'n gesellige atmosfeer en ou vriende kon weer groet.

Saterdagoggend het baie goed begin. Van vroeg af moes die baanbeamtes reeds bondstaan met die beheer van die vliegtuie.
Vliegtuie was beoordeel in die volgende katogorie. Beste Vliegtuig, Slegste Breek. Vlieeniers was beoordeel in die bomdrop en nog vele ander katogoriee. Inskrywingsgeld was slegs R80.00 per vlieër, ongeag die hoeveelheid vliegtuie,  waarby 'n "Fly-Inn" wapen ingesluit was.

Prysoorhandigings die middag was 'n hoogtepunt van die naweek. Dankie aan ons borge. Jaar na jaar word ons hand gevat deur verskeie ondersteunende besighede. Dit is lekker om te kan se dat die byeenkoms vir almal 'n vertoonvenster bied.
Dit is ook ons voorneme om in 2010  ons terrein beskikbaar te stel vir addisionele organisasies in die gemeenskap.

Soos al die vorige byeenkomste was Sondagoggend weer die oggend met die beste weer. Die manne kon nie huis toe nie. Almal was teen die tyd op hul gemak en daar kon meer ontspanne gevlieg word, wat elke vlieenier se ware klere uitgebring het.

Die byeenkoms was 'n sukses en ons dank almal wat die naweek moontlik gemaak het, asook al ons besoekende vlieeniers. Sonder julle is so 'n naweek nie moontlik nie. Hessequa groete tot volgende jaar.

Ons hoof borge :
 Hi-Way bande (Jan Enslin),
Hobby Flight Center (Andre de Beer),
Riversdal Superspar (Stoffel Giliomee)

Ander Borge:
Boet Saayman - klanktoerusting

Auto Zone
Snyman Boumateriale
Era Sappe
Wembley Drankwinkel
Max Buis Drankwinkel
Henkel Hardeware
Wallace Anderson
Alcare Albertinia
OK Grozer
Lene Hairstudios
Arina Enslin
Rose & Crown Drankwinkel
Intellect Business Systems


Weereens baie dankie vir julle bydraes en belangstelling.

'n Besondere dank aan die Hessequa Munisipaliteit wat ons terrein elke jaar op 'n besondere wyse vir ons voorberei. Die gesindheid van die werkers asook helpers is 'n riem onder die hart vir ons by Hessequa Model Vlieers.

Fotoblad

 


 



 


 


 


 


 

 


 


 


 



 




 


 



 





 




 



 



 




 


 


 


 



 




 

 
Program
 

Vrydag
6 de Maart 2009

16:00 - Ontvangs
            Ontspanning

Saterdag
7 de Maart 2009

08:00 - 9:30         - Inskrywings

08:30 - 08:45       - "Flyers" meeting

09:00 - 10:45       - Vryvlieg en Be-oordeling          Be-oordeling : Beste Vliegtuig, Presiesie vlieg, Bomdrop, Slegste Breek, 'n paar verrassings.
10:00                   - Etes beskikbaar

11:00 - 12:00      - Bomdrop Be-oordeling

12:00 - 17:30      - Vryvlieg en Be-oordeling

18:00                  - Prysuitdeling
                           - Braai en Vermaak

Sondag
8 ste Maart 2009

07:30 - 07:45      - Skriflesing en Gebed 
08:00 - 16:00      - Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg,


 

 

Hit Counter
  
Web Statistics