HESSEQUA MODEL VLIEëRS
besoek ons webtuiste !
http://rcmodelflyers.isat.co.za


Uitnodiging aan alle Modelvliegtuig Klubs

Hessequa Model Vlieërs, "Fly-Inn"
7, 8 en 9de Maart 2008

 

 

Ons sien weer uit na 'n onvergeetlike naweek saam met vriende en belangstellendes. Die Riversdal vliegveld word weer gebruik vir die geleentheid. Die vliegveld is 'n SAMAA geregistreerde veld en het 'n volgrootte teerbaan met oorgenoeg vliegruimte.
Die vliegveld  is baie geskik vir die groter en kragtiger modelvliegtuie. Dus groot skaal en "Jets" is meer as welkom. Ons maak ook staat op helikopterinskrywings.

Ons nooi alle modelvliegtuig klubs om die dag saam met ons te kom geniet. Kyk gerus na die naweekprogram wat vir ieder en elk 'n kans sal gee om te vlieg. Saterdag word daar meer gekonsentreer op die vliegkuns van ons verskeie modelvlieërs. Vliegtuie gaan ook beoordeel word. Inskrywingsgeld beloop R60.00 per vlieër, ongeag die hoeveelheid vliegtuie,  waarby 'n "Fly-Inn" wapen en 'n ete die Saterdagaand ingesluit is. Prysoorhandigings sal ook Saterdagaand gedoen  word.

Ons sal dit waardeer as u ons klub kontak voor 26 Februarie 2008 sodat ons die getalle kan bevestig. Kontak Ansie Kluyts gedurende kantoorure by Tel: 028-7131377  of e-pos Stoffel Giliomee : giliomee@isat.co.za

Verskeie "Hobby Shops" sal hul produkte uitstal en verkoop.

Vir die gades en jongspan sal daar genoegsame fasiliteite wees vir ontspanning ( Bykomende gerief ). Koeldrank en 'n verskeidenheid eetgoed sal te koop wees by die veld. Braaigeriewe sal ook beskikbaar wees. Akkommodasie moet self deur besoekers gereël word.

Ons hoof borge vir die naweek is Hi-Way bande en Riversdal Superspar. Alle borge sal tydens die prysuitdeling bedank word.

 

 

 

     
linksregs
Program
 

Vrydag
7 de Maart 2008

16:00 - Ontvangs
            Ontspanning

Saterdag
8 ste Maart 2008

08:00 - 9:30         - Inskrywings

08:30 - 08:45       - "Flyers" meeting

09:00 - 10:45       - Vryvlieg en Be-oordeling          Be-oordeling : Beste Vliegtuig, Presiesie vlieg, Bomdrop, Slegste Breek, 'n paar verrassings.
10:00                   - Etes beskikbaar

11:00 - 12:00      - Bomdrop Be-oordeling

12:00 - 17:30      - Vryvlieg en Be-oordeling

18:00                  - Prysuitdeling
                           - Braai en Vermaak

Sondag
9 de Maart 2008

07:30 - 07:45      - Skriflesing en Gebed 
08:00 - 16:00      - Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg,



Baie dankie vir julle belangstelling, ons vertrou dat ons u gaan sien op die 8 ste Maart 2008.

 Fotos van 25 Maart 2006
( click op foto vir vol grote )

 

Hit Counter
  
Web Statistics