HESSEQUA MODEL VLIEëRS
besoek ons webtuiste !
http://rcmodelflyers.isat.co.za



Hessequa Model Vlieërs, "Fly-Inn"
7, 8 en 9de Maart 2008

NEW !! → Video grepe

 

Dit was 'n onvergeetlike naweek saam met vriende en belangstellendes. Die Riversdal vliegveld was weer gebruik vir die geleentheid. Die vliegveld is 'n SAMAA geregistreerde veld en het 'n volgrootte teerbaan met oorgenoeg vliegruimte.
Die vliegveld  is baie geskik vir die groter en kragtiger modelvliegtuie. Dus het groot skaal en "Jets" rond baljaar gedurende die naweek.

Saterdag was daar meer gekonsentreer op die vliegkuns van ons verskeie modelvlieërs. Vliegtuie was beoordeel in die volgende katogorie. Beste Vliegtuig, Slegste Breek. Vlieeniers was beoordeel in presiesie vlieg, bomdrop en nog vele ander verrassings. Inskrywingsgeld was slegs R60.00 per vlieër, ongeag die hoeveelheid vliegtuie,  waarby 'n "Fly-Inn" wapen en 'n ete vir Saterdagaand ingesluit was.

Prysoorhandigings Saterdag middag was 'n hoogtepunt van die naweek. Dankie aan ons borge. Jaar na jaar word ons hand gevat deur verskeie ondersteunende besigheds figure. Dit is lekker om te kan se dat die byeenkoms vir almal 'n vertoonvenster bied. Maak van die geleentheid gebruik om jou besigheid te bemark om sodoende die sport en "hobby " van model vlieg te kan bevorder.

Dit is ook ons voorneme om in 2009 ons terrein beskikbaar te stel vir addisionele organisasies in die gemeenskap. Daardeur sal ons meer doeltreffend die Hessequa  streek en sy bedrywighede kan bevorder.

Ons hoof borge :
Riversdal Superspar (Stoffel Giliomee en Andre van Wyk), Hi-Way bande (Jan Enslin),
Hobby Flight Center (Andre de Beer), Dunlop SA (Mnr Brand)

Ander Borge:
Coke George
Hessequa Abbortoir
Auto Zone
Snyman Boumateriale
Wembley Drankwinkel
Max Buis Drankwinkel
Ellies (Electrical)
Cadbury's SA
Oasis Water
Wallace Anderson
Alcare Albertinia
Riversdal Landbou genootskap
Boet Saayman
Weereens baie dankie vir julle bydraes en belangstelling.

'n Besondere dank aan die Hessequa Munisipaliteit wat ons terrein elke jaar op 'n besondere wyse vir ons voorberei. Die gesindheid van die werkers asook helpers is 'n riem onder die hart vir ons by Hessequa Model Vlieers.

Verskeie "Hobby Shops" het produkte kom uitstal en verkoop. Dit wek groot belangstelling by die publiek en elke jaar het dit bygedra tot ons klub se groei. Dankie vir julle moeite en ondersteuning.

Die Sondag oggend na skriflesing en gebed het die enjins gedreun. Die weer was perfek. Ieder en elk het van die geleentheid gebruik gemaak om te vlieg en die naweek goed af te sluit.

'n DVD is ook beskikbaar. Kontak Pantagon produksies vir lekker kykgenot.  Christo - 0828815426

Die volgende drie videogrepe is gratis aflaaibaar.

NEW !!
    Pitts Special Challenger    -       Ultimate Prophangs      -              Jet Magic
 

Fotoblad
 


 


 


 


 


 


 



 


 


 


 


 


 


 


 


 


 



 


 


 


 


 


 


 


 


 


 


 


 


 


 


 


 


 


 


 

 

 

 

 

 


 
     
     
     
Program
 

Vrydag
7 de Maart 2008

16:00 - Ontvangs
            Ontspanning

Saterdag
8 ste Maart 2008

08:00 - 9:30         - Inskrywings

08:30 - 08:45       - "Flyers" meeting

09:00 - 10:45       - Vryvlieg en Be-oordeling          Be-oordeling : Beste Vliegtuig, Presiesie vlieg, Bomdrop, Slegste Breek, 'n paar verrassings.
10:00                   - Etes beskikbaar

11:00 - 12:00      - Bomdrop Be-oordeling

12:00 - 17:30      - Vryvlieg en Be-oordeling

18:00                  - Prysuitdeling
                           - Braai en Vermaak

Sondag
9 de Maart 2008

07:30 - 07:45      - Skriflesing en Gebed 
08:00 - 16:00      - Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg, Vryvlieg,



Baie dankie vir julle belangstelling, ons vertrou dat ons u gaan sien op die 8 ste Maart 2008.

 Fotos van 25 Maart 2006
( click op foto vir vol grote )

 

Hit Counter
  
Web Statistics