HESSEQUA MODEL VLIEëRS

Inleiding Kontak
Besonderhede
Ligging Lede Foto Gallery Klub Reëls Sluit Aan Algemeen
Akkommodasie
Kalender
Aktiwiteite


DOEL

Die doel van die klub sal wees om die belangstelling in die vliegkuns
te bevorder deur die bou en vlieg van radiobeheerde model vliegtuie

 

1 ) Beide die vliegbane te Riversdal en Stilbaai is SAMAA geregistreer.
    ( South African Model Aircraft Association )

2) SAMAA reels geld en sal so nagekom word.

3) Klublede wat die vliegkuns wil beoefen sal eers die "SAMAA profieciency test"
   
moet  voltooi  en deur twee van die klub instrukteurs  sy / haar solo vlug erkenning
    ontvang.  

?? Club Instructor - A person, who in the Club’s views, is qualified to assist a beginner to learn to fly. A member who has obtained a proficiency level which makes him competent to instruct beginners. A member who has obtained a SAMAA silver merit. Any two club instructors can test a pupil pilot and award a “solo” status. The Club Instructor position is critical to the development of the flying expertise of members in the club and the achievement of this merit will enable these qualified members to contribute.
 








 







 


 



SAMAA Vereistes
Publieke vertonings -
http://www.samaa.org.za/pdf/PR.02.pdf


Veiligheid


Voorskrif van prosedures - http://www.samaa.org.za/pdf/manual_of_procedures.pdf

Veiligsheids Kode van SAMAA - http://www.samaa.org.za/pdf/safety_code.pdf


TX and frekwensie kontroles - http://www.samaa.org.za/pdf/tx_safety.pdf

SAMAA Proficiency test
http://www.samaa.org.za/new_pages/proficiency.shtml

 


KLUB REëLS
                                                                       

DOELWIT:

              Die doel van die klub sal wees om die belangstelling in die vliegkuns te
              bevorder deur die bou en vlieg van radiobeheerde model vliegtuie. 

 LIDMAATSKAP:

                 Lidmaatskap is onbeperk, onderhewig aan die goedkeuring van die
                (bestuurs) komitee, aan individue wat belangstel in die bedrywighede
                van die klub. 
                Lidmaatskap kan opgedeel word in”
                Stemreg
                (a)
     Lid
                (b)
     Junior lid
                Geen stemreg
                (c)
     Vroue / Mans van lede.
                (d)     "Country" Lid

JAARLIKSE LEDEGELD (Lidmaatskapfooi):

Die jaarlikse lidmaatskapfooi is betaalbaar vanaf 1 Januarie en binne 60 dae daarvanaf, vanwaar lidmaatskap verval indien nie betaal is nie.  Lidmaatskap
wat verval het, het die effek dat die belangstellende ‘n nuwe aansoek moet doen.
‘n Nuwe aansoek wat ontvang word na die 1ste Junie van ‘n jaar sal aangeslaan
 word met die helfte van die volle lidmaatskapfooi.  Die komitee behou egter die
reg om enige idmaatskapfooi te verander.

FINANSIëLE JAAR:

Die finansiële jaar van die klub sal geld vanaf 1 Januarie tot Desember van dieselfde jaar. 

ALGEMENE JAARVERGADERING:

Die Algemene Jaarvergadering van die klub moet jaarliks gehou word voor die 1ste Desember van elke jaar.  Kennisgewing van die vergadering, met die agenda daarvan, moet gepos word aan lede ten minste 14 dae voor die hou van die vergadering.  Die doel van die vergadering sal wees om ‘n komitee te verkies wat die klub se belangse sal behartig vir die daaropvolgende jaar.  Die kworum van die betrokke vergadering sal ten minste 33.33% van alle opbetaalde klublede behels.  Alle lede moet egter ‘n poging aanwend om sodanige vergadering by te woon.

KOMITEE:

Die komitee wat by die bogenoemde vergadering verkies sal word, sal bestaan uit die volgende: 

(a)               Voorsitter

(b)               Ondervoorsitter

(c)               Sekretaris

(d)               Hoofveiligheidsbeampte

(e)               Baanbeampte

(f)                 Reklame en Bemarkingsbeampte 

Bo en behalwe bogenoemde beamptes het die klub ook ‘n beskermheer (of sy verteenwoordiger(s)) wie as skakelpersoon sal dien tussen die klub en die eienaar van die grond waarop die klub en sy lede die bedrywighede beoefen.  Die genoemde komitee sal verantwoordelik wees vir alle bedrywighede, doen en late van die klub, tensy andersins kennis gegee. 

Addisionele komiteelede mag gekoopteer word deur bogenoemde komitee wanneer nodig. 

SPESIALE ALGEMENE VERGADERING:

Die komitee is by magte om ‘n Spesiale Algemene Vergadering byeen te roep wanneer nodig.  Enige vyf (5) lede het ook die reg om so ‘n vergadering byeen te roep indien nodig.  Sodanige vergaderingskennisgewing met ‘n agenda moet die sekretaris van die klub ten minste 28 dae voor die hou van so ‘n beplande vergadering skriftelik bereik.  Dieselfde kennisgewing soos deur ‘n Algemene Jaarvergadering is hier van toepassing (14 dae).  So ‘n vergadering moet streng by slegs die punte van die geskrewe agenda gehou word.  Dieselfde kworum soos by die hou van die Algemene Jaarvergadering is van toepassing.

 

ALGEMENE MAANDELIKSE VERGADERING: 

Algemene maandelikse vergaderings word op eerste donderdag van die
maand gehou.

 

WYSIGINGS TOT DIE GRONDWET:  

Veranderinge tot die Grondwet, ordelik voorgestel en gesekondeer, moet die sekretaris ten minste ses (6) weke voor die Algemene Jaarvergadering of Spesiale Algemene Vergadering en wel geskrewe bereik.  So ‘n voorstel moet gepubliseer word op ‘n Algemene Maandelikse Vergadering of op so ‘n wyse dat ten minste twee-derdes van alle opbetaalde lede insig het in so ‘n voorstel.

 DISSIPLINE:

Die komitee het die reg om dissiplinêre aksie te neem teen enige lid wat vermoed word om die reëls of Grondwet van die klub oortree het.  So ‘n lid het egter die reg om te appelleer teen so ‘n aksie of bevinding en wel tydens ‘n maandelikse vergadering binne 3 maande vanaf so ‘n bevinding.

 REGSAANSPREEKLIKHEID:

Elke individu is verantwoordelik vir sy eie regsaanspreeklikheid.

 PUBLIEKE REGSAANSPREEKLIKHEID: 

            Die komitee is nie verantwoordelik vir publieke aanspreeklikheid nie en wanneer   
            nodig moet die komitee die nodige assuransie / versekering uitneem.

STEMME “In Absentia”:

Stemme aangaande ‘n spesifieke aangeleentheid is aanvaarbaar “In Absentia” mits dit geskrewe ontvang word voor die besluitneming van die betrokke aangeleentheid.

 

KWORUM:

In die geval van ‘n Algemene Jaarvergadering of Spesiale Algemene Vergadering waar die vergadering verdaag as gevolg daarvan dat daar nie ‘n kworum is nie, sal ‘n daaropvolgende Spesiale Vergadering gereël word waar ‘n genoegsame aantal lede moet wees om ‘n kworum te vorm.

 

         

Hit Counter
     Web Statistics