HESSEQUA MODEL VLIEëRS

Inleiding Kontak
Besonderhede
Ligging Lede Foto Gallery Klub Reëls Sluit Aan Algemeen
Akkommodasie
Kalender
Aktiwiteite


Hessequa Model Vlieërs, "Fly-Inn"
23ste, 24ste en 25ste Maart 2007

Foto Gallery


 

Dit was 'n onvergeetlike naweek saam met vriende en belangstellendes. Die Riversdal vliegveld was weer gebruik vir die geleentheid. Die vliegveld is 'n SAMAA geregistreerde veld en het 'n volgrootte teerbaan met oorgenoeg vliegruimte.
Die vliegveld  is baie geskik vir die groter en kragtiger modelvliegtuie. Die opkoms was ongelooflik. Van groot tot klein vliegtuie was uigestal en gevlieg.

Klubs sover as Knysna en Kaapstad het hul vernuf kom ten toonstel. Die vliegtuie was pragtig en die 46% skaalmodelle het vir die meeste attraksie gesorg.

Verskeie "Hobby Shops" het hul produkte kom uitstal en verkoop. Baie dankie vir jul teenwoordigheid asook jul borgskappe.

Vrydagaand was gesellig om die vuur en dit het duidelik toe al gebleik dat die naweek se byeenkoms 'n groot opkoms gaan lewer. Saterdag het 39 vlieers ingeskryf met plus minus 120 vliegtuie op skou. Verskeie kompetiesie was gehou en die Saterdagaand was vele pryse aan deelnemers oorhandig. Ook is Arthur Price, 'n klublid van die Hessequa Modelvlieërs, as erelid benoem van die klub en 'n selfpotret is aan hom oorhandig. Die Saterdagaand is afgesluit met 'n heerlike potjiekosete, net soos dit op Riversdal gedoen kan word.

Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om aan ons hoofborge van die naweek, Riversdal Superspar en Hi-Way bande ons dank te betuig.

Ook bedank ons die volgende borge:

Hobby Flight Centre
Coke - George
Jirah Boerdery - Piet en Johan Willemse
Kweekkraal Boerdery - Jeffrey en Johannes Joubert
 

Auto Zone
Medidal Apteek
Snyman Boumateriale
Wembley Drankwinkel
Max Buis Drankwinkel
Te Huis Wallace Anderson
Moto Quip
Reckett & BenKicer
CCC Motorfietse
Riversdal Grasnyers & Tool Hire
OK - Stilbaai
Riversdal Landbougenootskap
Riversdal Tafelronde
Hessequa Munisipaliteit vir die daarstelling van geriewe.

Sonder julle borgskappe sou die naweek nie moontlik gewees het nie.

Baie dankie aan elke vlieër wat die naweek met ons kom deel het, jul teenwoordigheid beteken vir ons baie. Aan ons klublede asook hul gades baie dankie vir julle onbaatsugtige hulp. 'n Besondere dank aan alle vrywilligers wat ons te hulp gestaan het die naweek, wat 'n onvergeetlike belewenis. Dankie ook aan Hoerskool Langenhoven vir die verkoop van die kompetiesie kaartjies. Die vliegtuig is gewen deur Gert v. d. Merwe van Melkhoutkraal, wat baie daarna uitsien om deel te wees van die Hessequa Model Vlieers.
 

Foto Gallery

Saterdag

  Sondag  

Baie dankie vir 'n
onvergeetlike naweek!

Dankie aan ons borge wat
die naweek moontlik
gemaak het.

Hit Counter
     Web Statistics